ANHS sing en dans deur die kultuurweek!

To paraphrase Plato:
All well-bred men (and women) should have mastered the art of singing and dancing.

Wat ‘n voorreg was dit nie vir ANHS om na so ‘n lang ruk weer ‘n Revue op die planke te kon bring nie. Maande lank is daar geoefen en voorberei, en toe almal hulle oë uitvee, is dit sulke tyd.

Ongeveer 50 opgewonde leerders het die hele week lank gesing en gedans dat die saal se planke omtrent gebewe het!

Vir ANHS was dit ‘n trotse week waar ons kon sien hoe verskeie leerders hierdie talente ook na vore kon bring.

ANHS bedank graag die volgende persone en instansies:

  • Riëtte Nel van Riëtte’s Dance Studio vir die danse van ongelooflike kwaliteit wat sy jaarliks vir ons gee tydens die Revue.
  • JF Bosch saam met Franco, die ander klankmanne asook Marques in beheer van die beligting.
  • Me Petro Makkink en haar gasvryheidstudies leerders wat gesorg het vir die heerlike kos.
  • Me Lise-Mari Erasmus, Me Zanie van Schalkwyk, Me Jana Venter en Me Aniéke Ferreira wat gesorg het dat die voorportaal en die saal ‘n fees vir die oog was.
  • Me Tannielle Moody wat die skool se dans groepe afgerig het. Herman Theron wat as seremoniemeester opgetree het. Me Ilse Booysen en me Gerda-Marie Carstens wat maande lank saam met die leerders geoefen het om ‘n produksie van sulke gehalte te kon produseer.
  • Lollie Greyvenstein vir die neem van die pragfoto’s.
  • Annelie Emmerich, Petrie Wagenaar en Adriaan Pre wat saam met die graad 8 leerders as verhoog bestuur opgetree het.

Dankie vir elke ouer en leerder wat die Revue van 2022 bygewoon en ondersteun het. Dit beteken vir die skool en die leerders ongelooflik baie.