ANHS netbal uitslae vs Hoërskool Winterberg

Ons het Saterdag, 14 Mei 2022 tuiswedstryde teen Hoërskool Winterberg gehad. `n Groot hoogtepunt was dat die o/13A netbalspan van Laeskool Aliwal-Noord by ons kom kuier het om die gevoel te kry van die manier hoe ons eerste netbalspan opwarm en strategiese beplanning doen in die spankamer voordat ons uitdraf. Dit was `n groot voorreg om LSAN hier te ontvang. Ons is baie trots op al ons netbalspanne wat onoorwonne was. Hulle dis puik spel op en is besig om te bou aan `n seisoen wat ons mee kan spog. Baie geluk aan al die afrigters en spanne.

Netbal uitslae as volg:

o/14A wen 21-4
0/14/B wen 21-1
o/16A wen 25-5
o/16B wen 13-6
o/19B wen 26-6

Eerste span wen 33-17