ANHS Hokkiespan haal die finaal in die Grens Inland Spar-toernooi 2022!

Die 1ste Hokkiespan van ANHS het op Sondag 22 Mei in Queenstown aan die jaarlikse Spartoernooi deelgeneem. Die dag beloof altyd om gevul te wees met goeie hokkie en samehorigheid.

Van die begin af, het die Alies gewys hulle is een van die gunsteling spanne om mee berekening te hou.

Die volgende uitslae is 'n bewys van die volgende stelling:

Alies wen 2-1 teen Hangklip
Alies wen 7-0 teen Templeton
Alies wen 3-0 teen Kingsridge
Alies wen 6-0 teen St Christopher's

Die Alie-span dring hiermee deur na die finaal waar hulle te staan kom teen Queestown Girls High. Ook genoem GHS, het sommer dadelik met baie ywer en vurige spel die wedstryd begin. Met baie goeie afrondingspel, slaag GHS daarin om die wedstryd 3-0 te wen.

Alies behaal 'n algehele 2de plek vir die Grens Inland Spartoernooi 2022. Baie geluk aan elke Alie Hokkie-bokkie, wat weereens Aliwal-Noord se naam hoog hou