ANHS Netbal talent na finale proewe met groot sukses

Die afgelope naweek het die volgende netbalspelers na Port Elizabeth gereis vir die finale netbal proewe vir die Oos-Kaap se Provinsiale spanne:  u/14 Lesedi Lada, Thato Simon, Lukhanyo Nkomana; u/15 Bokamoso Kaloli en Imanathi Mdwaba; u/17 Siya Vent en u/18 Bohlokwa Tsemane. 

Ons is baie trots om aan te kondig dat Lesedi Lada, Thato Simon , Lukhanyo Nkomana, Imanathi Mdwaba en Bohlokwa Tsemane verkies is om die Oos-Kaap te gaan verteenwoordig  op die Nasionale Netbal Toernooie wat onderskeidelik in Boksburg en Witbank gaan plaasvind gedurende die Junie vakansie. 

Baie geluk aan Juffrou Ane von Gericke wat as die spanbestuurder van die u/18 span aangewys is en Juffrou Petro Makkink wat verkies is as Afrigter van die u/18 span. As Alies is ons baie trots op ons afrigters en spelers.