ANHS Skuts by Prysskiet 4 te Jacobsdal

“Success is not an accident; success is actually a choice.”— Stephen Curry

Hardewerk, uithouvermoë en self dissipline is die fondasie waarop die skuts van Hoërskool Aliwal-Noord hulle sukses bou. Alie-land het die afgelope naweek die lantie-gees gaan toets tydens Prysskiet 4 wat in Jacobsdal by Landboudal plaasgevind het. Die Alies het met goeie gees gekompeteer en die uitslae is as volg:

0/14

Gary Marx skiet ‘n totaal van 828 punte en behaal ‘n uitstekende 1ste posisie uit 61 skuts.

Nellie Geldenhuys skiet ‘n totaal van 800 punte en behaal ‘n 5de posisie uit 61 skuts.

Annika de Wet skiet ‘n totaal van 592 punte en behaal ‘n 47ste posisie uit 61 skuts.

0/16

Izelle van Vuuren skiet ‘n totaal van 863 punte en behaal ‘n 2de posisie uit 68 skuts.

Johané Malan skiet ‘n totaal van 833 punte en behaal ‘n 10de posisie uit 68 skuts.

0/21

William Muir skiet ‘n totaal van 807 punte en behaal ‘n 9de posisie uit 20 skuts.

Well done Alies! Sukses is beslis hier in die visier.