Die afgelope naweek het ons atlete aan die ASA Vrystaatkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem. Die kompetisie was baie sterk en ons atlete het teen ander atlete van regoor die Vrystaat deelgeneem. Ons atlete vaar baie goed en ons sê geluk aan die volgende atlete wat medaljes gekry het.
ANHS se eerste Hokkiespan het ook die sportdag bygewoon en speel teen Jim Fouche se 0/19 B span. Die dogters het puik hokkie opgedis en klop hul oponente 4-0! Ons is baie trots op ons hokkie dogters.