Gewapen met konsentrasie, uithouvermoë en self-dissipline het Hoërskool Aliwal-Noord se vier skuts aan Prysskiet 2 deelgeneem. Hierdie mededingende Luggeweerkompetisie is by Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein aangebied. Die skuts het die dag baie geniet en “skutterend” gevaar.